1
ROMEINE 12:2
Afrikaans 1983
Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.
Vergelyk
Verken ROMEINE 12:2
2
ROMEINE 12:1
En nou doen ek 'n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen.
Verken ROMEINE 12:1
3
ROMEINE 12:12
Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed.
Verken ROMEINE 12:12
4
ROMEINE 12:21
Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.
Verken ROMEINE 12:21
5
ROMEINE 12:10
Betoon hartlike broederliefde teenoor mekaar; bewys eerbied teenoor mekaar en wees mekaar daarin tot voorbeeld.
Verken ROMEINE 12:10
6
ROMEINE 12:9
Die liefde moet opreg wees. Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is.
Verken ROMEINE 12:9
7
ROMEINE 12:18
As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.
Verken ROMEINE 12:18
8
ROMEINE 12:19
Moenie self wraak neem nie, geliefdes, maar laat dit oor aan die oordeel van God. Daar staan immers geskrywe: “Dit is mý reg om te straf; Ék sal vergeld,” sê die Here.
Verken ROMEINE 12:19
9
ROMEINE 12:11
Moenie in julle toewyding verslap nie, bly altyd geesdriftig, dien die Here.
Verken ROMEINE 12:11
10
ROMEINE 12:3
Kragtens die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen van julle: Moenie van jouself meer dink as wat jy behoort te dink nie. Nee, lê jou liewer daarop toe om beskeie te wees in ooreenstemming met die maat van geloof wat God aan elkeen toebedeel het.
Verken ROMEINE 12:3
11
ROMEINE 12:17
Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Wees goedgesind teenoor alle mense.
Verken ROMEINE 12:17
12
ROMEINE 12:16
Wees eensgesind onder mekaar. Moenie hooghartig wees nie, maar skaar julle by die nederiges. Moenie eiewys wees nie.
Verken ROMEINE 12:16
13
ROMEINE 12:20
“As jou vyand honger is, gee hom iets om te eet; as hy dors is, gee hom iets om te drink; want deur dit te doen, maak jy hom vuurrooi van skaamte.”
Verken ROMEINE 12:20
14
ROMEINE 12:14-15
Seën julle vervolgers, ja, seën hulle, moet hulle nie vervloek nie. Wees bly saam met dié wat bly is en treur saam met dié wat treur.
Verken ROMEINE 12:14-15
15
ROMEINE 12:13
Help die medegelowiges in hulle nood en lê julle toe op gasvryheid.
Verken ROMEINE 12:13
16
ROMEINE 12:4-5
Ons het baie lede in een liggaam, en die lede het nie almal dieselfde funksie nie. Net so is ons, al is ons baie, in Christus een liggaam, en almal afsonderlik lede van mekaar.
Verken ROMEINE 12:4-5
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's