Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van DaniëlVoorbeeld

Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van Daniël

DAG 35 VAN 43

Jy is baie kosbaar

Lees: Daniël 10:1; Daniël 10:5-19; Psalm 116:12-15

SOAP: Daniël 10:11-12

Die man sê toe vir my:“ Daniël, jy vir wie God liefhet, gee ag op wat ek vir jou gaan sê, en staan regop. Ek is na jou toe gestuur.” Toe hy dit vir my sê, het ek bewend regop gaan staan. Hy sê toe vir my:“ Moenie bang wees nie, Daniël, want van die eerste oomblik af dat jy jou ingespan het om insig te kry en jou voor jou God verootmoedig het, is jou gebede verhoor. Ek het gekom in antwoord op jou gebede.”

Oordenking

Daniël het nog 'n visioen gehad. Dit het hom so laat skrik dat hy bewusteloos vooroor geval het en nie in staat was om te beweeg nie. Diegene wat saam met Daniël was, was so bang dat hulle weggehardloop het al het hulle nie eens die visioen gesien nie!

Die visioen het egter ook vir Daniël groot insig gegee oor die eindtye. Hy kon sien dat dit nie buite beheer was nie. God het 'n plan gehad en was heeltemal in beheer van al die dae van tyd, selfs wanneer dinge nie verloop het soos Daniël dit sou wou hê nie.

God het woorde van liefde en vertroosting aan Daniël gespreek. Regdeur sy lewe het Daniël ’n gesindheid van nederigheid geopenbaar. Hoekom? Daniël het gefokus gebly op God. Hy het baie keer op God vertrou, tydens kleiner en groter beproewings. Hy het die goedheid van die Here geken. Daniël het probeer om die Here se goedheid te terug te betaal deur getrou te lewe. Daniël het wyse keuses gemaak deur gereeld tyd in te ruim om met God in gebed te praat en sy Woord te lees. God het sy gebede verhoor op maniere wat Daniël nie kon voorsien nie.

Het jy al ooit gedink aan die waarheid dat jy kosbaar is vir die Here? Hy ken jou beproewings en sien jou getrouheid raak. Hy waardeer jou en is lief vir jou omdat jy sy kosbare kind is, deur Hom gekoop teen 'n baie hoë prys.

Die Here verhoor jou gebede. Sy oor is gefokus op jou. Ruim die volgende week tyd in om met God te praat. Bring nederig jou hele lewe voor Hom neer sowel as diegene wat gereeld daarin is. Vra dat sy wil in jou lewe sal geskied. Onthou dat God dikwels ons gebede beantwoord op maniere wat ons ons nie kan voorstel nie.

Gebed

Hemelse Vader, help my om getrou te wees. U sien nie net my optrede nie, maar ook die gesindhede van my hart. Ek is verstom en nederig dat die God wat die heelal en alles daarin geskep het en dit onderhou, na my gebede luister, dit liefhet en waardeer. Dankie God. Amen.

Dag 34Dag 36

Aangaande hierdie leesplan

Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van Daniël

Om as Christen in hierdie wêreld te leef, kan soms baie eensaam wees. Dit mag voel asof ons die enigstes is wat Christus getrou volg. Daniël het ook voor soortgelyke uitdagings te staan gekom. Daniël en sy vriende het gekies om God en sy weë te volg selfs al het dit ingedruis teen die wette van die land. Die boek Daniël spoor ons aan om God getrou te dien.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans