Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van DaniëlVoorbeeld
Oordenkingsvrae
1. Hoe gee die waarheid dat God die uiteindelike oorwinning het, jou hoop en krag om die swaarkry van die wêreld vandag die hoof te bied?
2. Hoe lyk dit om in die kennis van Jesus Christus te groei? Hoe het jy gesien hoe jou begrip van God tot dusver deur hierdie studie groei?
3. Watter dinge bid jy vir God om in jou plaaslike kerk te doen? Watter dinge bid jy spesifiek voor vir die wêreldwye kerk?
4. Is daar enige sondes (verborge of nie) wat jy voor God moet bely? Hy poog nie om jou te veroordeel nie, maar om jou te vergewe en aan jou lewe te gee.
5. Hoe wys is die keuses wat jy maak? Hoe kan jy God begin dank vir die nuwe lewe wat Hy deur Jesus bied, met die wete dat Hy jou gered het toe jy jouself nie kon red nie?
Aangaande hierdie leesplan
Om as Christen in hierdie wêreld te leef, kan soms baie eensaam wees. Dit mag voel asof ons die enigstes is wat Christus getrou volg. Daniël het ook voor soortgelyke uitdagings te staan gekom. Daniël en sy vriende het gekies om God en sy weë te volg selfs al het dit ingedruis teen die wette van die land. Die boek Daniël spoor ons aan om God getrou te dien.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans