1
DEUTERONOMIUM 28:1
Nuwe Lewende Vertaling
“As jy ten volle gehoorsaam is aan die HERE jou God en die opdragte nakom wat ek jou vandag gee, sal die HERE jou God jou bo al die nasies van die wêreld verhoog.
Vergelyk
Verken DEUTERONOMIUM 28:1
2
DEUTERONOMIUM 28:2
“Al hierdie seëninge sal oor jou kom en by jou bly wanneer jy die HERE jou God gehoorsaam
Verken DEUTERONOMIUM 28:2
3
DEUTERONOMIUM 28:13
As jy luister na hierdie opdragte van die HERE jou God wat ek vir jou gee en dit noukeurig nakom, sal die HERE jou die kop maak en nie die stert nie. Jy sal altyd die leiding neem.
Verken DEUTERONOMIUM 28:13
4
DEUTERONOMIUM 28:12
Die HERE sal uit sy ryk voorraadskuur, die hemel, dit op die regte tyd laat reën om al die werk wat jy doen, te seën. Jy sal aan baie nasies uitleen, maar jy sal nooit nodig hê om van hulle te leen nie.
Verken DEUTERONOMIUM 28:12
5
DEUTERONOMIUM 28:7
“Die HERE sal jou vyande oorwin wanneer hulle jou aanval. Hulle sal jou vanuit een rigting aanval, maar hulle sal in sewe rigtings wegvlug.
Verken DEUTERONOMIUM 28:7
6
DEUTERONOMIUM 28:8
Die HERE sal jou seën in alles wat jy doen en Hy sal jou graanskure vol maak met graan. Die HERE jou God sal jou seën in die land wat Hy aan jou gee.
Verken DEUTERONOMIUM 28:8
7
DEUTERONOMIUM 28:6
Jy sal geseën word waar jy ook al beweeg, of jy nou kom of gaan.
Verken DEUTERONOMIUM 28:6
8
DEUTERONOMIUM 28:3
In jou stede en in jou oop velde sal jy geseën wees.
Verken DEUTERONOMIUM 28:3
9
DEUTERONOMIUM 28:4
Jy sal geseën word met baie kinders en goeie oeste. Jy sal geseën word met vrugbare beeste en kleinvee.
Verken DEUTERONOMIUM 28:4
10
DEUTERONOMIUM 28:9
“As jy die opdragte van die HERE jou God gehoorsaam en doen wat Hy wil hê, sal die HERE jou sy heilige volk maak soos Hy beloof het Hy sal doen.
Verken DEUTERONOMIUM 28:9
11
DEUTERONOMIUM 28:5
Jy sal geseën word met mandjies wat oorloop van vrugte en jou knieskottel sal vol brood wees.
Verken DEUTERONOMIUM 28:5
12
DEUTERONOMIUM 28:11
“Die HERE sal ’n oorvloed van goeie dinge vir jou gee in die land wat Hy aan jou voorouers belowe het: baie kinders, talle diere en goeie oeste.
Verken DEUTERONOMIUM 28:11
13
DEUTERONOMIUM 28:10
Al die nasies van die wêreld sal sien dat die HERE jou sy volk gemaak het en hulle sal in vrees en bewing voor julle staan.
Verken DEUTERONOMIUM 28:10
14
DEUTERONOMIUM 28:14
Moenie links of regs afwyk van enige van hierdie opdragte wat ek jou vandag gee deur ander gode na te volg en hulle te aanbid nie.”
Verken DEUTERONOMIUM 28:14
15
DEUTERONOMIUM 28:15
“As jy weier om na die HERE jou God te luister en nie gehoorsaam is aan al die opdragte en voorskrifte wat ek vandag vir jou gee nie, sal al die volgende vervloekings oor jou kom en jou oorweldig
Verken DEUTERONOMIUM 28:15
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's