1
JESAJA 43:19
Nuwe Lewende Vertaling
Ek gaan iets nuuts doen. Dit het alreeds begin gebeur! Sien julle dit nie? Ek maak ’n pad deur die woestyn vir my volk om huis toe te kom! Ek maak vir hulle riviere in die woestyn!
Vergelyk
Verken JESAJA 43:19
2
JESAJA 43:2
Wanneer jy deur diep water van moeilikheid gaan, sal Ek by jou wees. Wanneer jy deur riviere gaan, sal hulle jou nie wegspoel nie. Wanneer jy deur vuur van verdrukking stap, sal jy nie verbrand nie. Die vlamme sal jou nie verteer nie.
Verken JESAJA 43:2
3
JESAJA 43:18
“Vergeet al die dinge wat in die verlede gebeur het. Dis niks in vergelyking met wat Ek nou gaan doen nie.
Verken JESAJA 43:18
4
JESAJA 43:1
Maar nou, Jakob, sê die HERE wat jou geskep het, Hy wat jou gevorm het, Israel: “Moenie bang wees nie, want Ek het jou verlos. Ek het jou by jou naam geroep. Jy behoort aan My.
Verken JESAJA 43:1
5
JESAJA 43:4
Omdat jy vir My kosbaar en belangrik is, omdat Ek jou liefhet, gee Ek mense in jou plek, in ruil vir jou lewe.
Verken JESAJA 43:4
6
JESAJA 43:3
Want Ek is die HERE jou God, die Heilige van Israel, jou Redder. Ek gee Egipte, Kus en Seba as ’n losprys vir jou vryheid.
Verken JESAJA 43:3
7
JESAJA 43:5
Daarom, moenie bang wees nie, want Ek is by jou. Ek sal jou en jou kinders bymekaarbring vanaf die ooste en hulle versamel uit die weste.
Verken JESAJA 43:5
8
JESAJA 43:25
“Ek, ja, Ek alleen, is die Een wat julle sondes uitwis. Ek doen dit ter wille van Myself en Ek dink nie weer daaraan nie.
Verken JESAJA 43:25
9
JESAJA 43:10
“Julle is my getuies, Israel,” sê die HERE. “En jy is my dienaar wat Ek uitverkies het om My te ken en in My te glo, en te verstaan dat Ek alleen die HERE is. Vóór My was daar geen God nie en ná My sal daar geen God wees nie.
Verken JESAJA 43:10
10
JESAJA 43:11
Ek, ja, Ek is die HERE. Buiten My is daar niemand wat jou kan red nie.
Verken JESAJA 43:11
11
JESAJA 43:13
“Van altyd af is Ek God. Niemand kan uit my hand gered word nie. Wat Ek doen, kan niemand omkeer nie.”
Verken JESAJA 43:13
12
JESAJA 43:20-21
Die wilde diere sal dankbaar wees daaroor. Die jakkalse en die volstruise sal bly wees omdat Ek vir hulle water in die woestyn gee. Ek maak fonteine in die woestyn sodat my uitverkore volk hulle dors kan les. Ek het hierdie volk vir Myself gemaak sodat hulle My sal eer.
Verken JESAJA 43:20-21
13
JESAJA 43:6-7
Vir die noorde sal Ek sê: ‘Gee terug!’ en vir die suide: ‘Moenie terughou nie!’ Bring my seuns van ver af en my dogters vanaf die verste uithoeke van die aarde, elkeen wat My as God erken, wat Ek tot my eer gemaak het, wat Ek gevorm en gemaak het.”
Verken JESAJA 43:6-7
14
JESAJA 43:16-17
So sê die HERE. Dis Hy wat ’n pad deur die water gemaak het, ’n droë pad deur die see. Hy wat die sterk leër van Egipte met al sy strydwaens en perde opgeroep het, en hulle almal laat verdrink het sodat hulle doodgeblaas is soos ’n kers.
Verken JESAJA 43:16-17
15
JESAJA 43:15
Ek is die HERE, die Heilige van Israel, Israel se Skepper en Koning.”
Verken JESAJA 43:15
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's