1
1 Kronieke 16:11
Die Bybel 2020-vertaling
Soek die HERE en sy krag, soek voortdurend sy teenwoordigheid op.
Vergelyk
Verken 1 Kronieke 16:11
2
1 Kronieke 16:34
Prys die HERE, want Hy is goed; ja, vir ewig duur sy troue liefde.
Verken 1 Kronieke 16:34
3
1 Kronieke 16:8
Prys die HERE, roep sy Naam uit; maak onder die volke sy dade bekend!
Verken 1 Kronieke 16:8
4
1 Kronieke 16:10
Beroem julle in sy •heilige Naam; laat die harte van hulle wat die HERE opsoek, bly wees.
Verken 1 Kronieke 16:10
5
1 Kronieke 16:12
Roep die wonders wat Hy gedoen het in herinnering, sy tekens en die oordele van sy mond
Verken 1 Kronieke 16:12
6
1 Kronieke 16:9
Sing vir Hom, besing Hom; praat met oorgawe oor al sy wonderwerke.
Verken 1 Kronieke 16:9
7
1 Kronieke 16:25
Want groot is die HERE en besonder lofwaardig; Hy is ontsagwekkend, meer as alle gode.
Verken 1 Kronieke 16:25
8
1 Kronieke 16:29
Gee erkenning aan die HERE vir die heerlikheid van sy Naam! Bring offers en kom in sy teenwoordigheid! Buig in aanbidding voor die HERE in sy glansryke heiligheid!
Verken 1 Kronieke 16:29
9
1 Kronieke 16:27
Luister en glans is voor Hom; krag en blydskap is in sy heiligdom.
Verken 1 Kronieke 16:27
10
1 Kronieke 16:23
Sing vir die HERE, o ganse aarde! Verkondig sy verlossing van dag tot dag!
Verken 1 Kronieke 16:23
11
1 Kronieke 16:24
Maak onder die nasies sy majesteit bekend, onder al die volke sy wonderdade.
Verken 1 Kronieke 16:24
12
1 Kronieke 16:22
“Moenie aan my gesalfdes raak nie; my profete moet julle geen kwaad aandoen nie.”
Verken 1 Kronieke 16:22
13
1 Kronieke 16:26
Ja, al die gode van die volke is niksbeduidend, maar die HERE het die hemel gemaak.
Verken 1 Kronieke 16:26
14
1 Kronieke 16:15
Onthou vir altyd sy verbond, die woord wat Hy beveel het vir duisend geslagte
Verken 1 Kronieke 16:15
15
1 Kronieke 16:31
Laat die hemel bly wees, en die aarde juig. Mense onder die nasies sê: “Die HERE regeer!”
Verken 1 Kronieke 16:31
16
1 Kronieke 16:36
Die HERE, die God van Israel, moet geprys word, van ewigheid af en vir ewig. Die hele volk moet sê: “•Amen!” en “Loof die HERE!”
Verken 1 Kronieke 16:36
17
1 Kronieke 16:28
Gee erkenning aan die HERE, familiegroepe van volke! Gee erkenning aan die HERE vir sy heerlikheid en krag!
Verken 1 Kronieke 16:28
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's